Video: Kleuter koop sommer haar eie motor

Sorella Stoute, ʼn 14 maande oue baba van Oregon in Amerika het met haar pa se slimfoon gespeel toe sy per ongeluk ʼn motor op eBay gekoop het.

Sorella het die 1962 Austin Healey Sprite vir $225 (sowat R2 200) gekoop. Haar pa, Paul, was nie van die aankope bewus totdat hy ʼn gelukwensingsbrief per e-pos van eBay af ontvang het nie. Die familie het besluit om die motor te hou en Paul sê hy wil graag die motor restoureer om dit op haar 16e verjaarsdag vir haar te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.