Video: Koue wis hele vlooisirkus uit

Robert Birk en een van die vlooie

‘n Hele groep vlooie wat optredes doen, het weens die ysige koue in Duitsland gevrek.

Robert Birk, direkteur van dié vlooisirkus, het gesê hy was geskok toe hy Woensdagoggend ontdek het al 300 van sy vlooie het in hul vervoerboks gesterf. Die sirkus moes dadelik skarrel om ‘n nuwe stel vlooie in die hande te kry sodat die buitelugvertoning by ‘n kermis in Mechernich-Kommern in westelike Duitsland kon voortgaan.

Michael Faber, wat die kermis reël, het aan die Associated Press gesê ‘n insektekundige by ‘n nabygeleë universiteit kon betyds 50 vlooie oplei om Sondag aan die eerste vertoning deel te neem. “Ek hoop ons sal sonder sterftes hier deurkom,” het Faber gesê.

Birk sê dit is die eerste keer dat sy sirkus al sy vlooie op een slag verloor het.

Onderaan die berig volg ‘n video oor ‘n vlooisirkus, as jy al ooit gewonder het wat by só ‘n sirkus sou gebeur.

Een van Robert Birk se vlooie met sy toertjie


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.