Video: Kroonstad-stasiegebou in puin gelê deur brand

Foto: Youtube

Die Kroonstad-stasiegebou is Vrydagaand deur ʼn brand in puin gelê.

Volksblad berig dat brandweermanne verbete probeer het om die brand te blus maar nie nodige toerusting gehad het om dit te doen nie. Hulle kon slegs daarin slaag om aangrensende gebou se dakke nat te spuit om te keer dat die brand versprei. Brandbestryders het glo sowat 20 minute geneem om op die toneel te kom hoewel die brandweerstasie slegs sowat 400m van die stasie geleë is. ʼn Polisiewoordvoerder, Maselela Langa, sê hulle ondersoek ʼn saak van brandstigting. Hy sê die gebou wat afgebrand het, was nie meer in gebruik nie.

Lees meer hier.

Die video is deur die gebruiker johannmyburgh2012 op Youtube gelaai.

http://youtu.be/iQxxghz1Wbc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.