Video: Krugers verwelkom Pippie-fonds se ondersoek

Pippie Kruger. Die video volg onderaan die berig.

Die Valke ondersoek bewerings dat die geld van ‘n fonds, wat gestig is deur die gesin van die brandslagoffertjie Pippie Kruger, aangewend word om hulle leefstyl te onderhou.
Die Krugers sê hulle verwelkom die ondersoek, en dat die sogenaamde Pippie se Gesiggiefonds, ‘n nie-winsgewende organisasie, tans geoudit word.

Lees ook:
Pippie se ma ontken dat fonds misbruik word
Valke gaan dalk Pippie se fonds ondersoek
Uittreksel uit “Pippie” deur Anice Kruger saam met Colleen Naudé
Video: Pippie se storie in boek omskryf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

celeste ·

Watter klom nonsens, hoe durf hulle die ma bevraag teken en wat van al die Dokters en Specialiste wat hulle self verryk uit die kleintjie se fonds. Wat verwag die Klaers moet met die geld gedoen word.

Eben ·

Die geld is verseker nie daar om die ma se lewensstyl te verhoog nie. Dis in die eerste plek nie daarvoor ingesamel … of is dit? Nou vertel jy ons (Celeste) waarvoor moet die geld gaan … vir die ma … of mediese kostes vir die kind?

Seg Net ·

Geld moet aangewend word waarvoor dit daar is, dit is om die kleinding se medies te dek en ander wat soortgelyke mediese sorg nodig het. Kom ons wag en sien voordat ons oordeel Eben. Indien daar sprake van ongerymdhede is, moet dit geoudit word aangesien mense vandag baie uitgeslape en skelm is. Nie dat ek seg dat dit hier die geval is nie. Ons moet onthou dat daar moontlik vals eise teen so ‘n vonds ingestel kan word. Die mamma het mos niks te vrees indien sy onskuldig is nie.

Debbie Biermann ·

Wat is volgende? Hierdie mamma is hel toe en terug met haar kleinding.Ek gun haar om vir ‘n verandering weer mooi te lyk. Dis banaal dat die valke hier inklim………hulle kan baie ander dinge onderoek om besig te bly.

chris ·

Dit is wat Anice se broer vanoggend te se gehad en op anice in getag het en sy het ge he he he daar op!Weet julle hoe lyk n kind wat deur n hond verskeer is om kinders te verwens wat niks mens groot mense se baklei te doen het nie?Dink weer om vloeke uit tespreek !
Hannes Barnard
Ons het al lank al vergeet wat vloek werklik is. Dit is nie die gebruik van net lelike woorde maar n’ slegte toewens aan iemand.

Aan die wat aan hou om my sussie en peetkind aan te vat: ek will nie sê Fok julle, ek will nie sê julle moere. Vandag wil ek met my hele hart n’ vloek oor julle uitspreek.

“mag julle met kookolie brand, mag n’ straat hond julle kinders byt en laat n’ glade vloer die rede van n’ gebreukte been vir julle wees.

Ps, aan al julle lafaards, Fok julle! — with Anice Barnard Kruger.
2 hours ago
Like · 34 comments · Share
Steff Stephany Parkinson and 26 others like this.
View previous comments
Renier Koen
Lol
Like · 2 hours ago
Thea Nienaber
Lmfaa
Like · 1 hour ago
Susara Els
Dis reg se hulle
Like · 1 hour ago
Anice Barnard Kruger
ai ouboet ekke weet hoe jou hart voel en weet wat jy eintlik wil se maar ek lief jou en soos.altyd dankie dat jy vir my opstaan
Like · 7 · 1 hour ago

Seg Net ·

Chris, nee my vriend dit is nie nodig nie. Verduidelik wat jou so ongelukkig en seer maat. Jy vervloek en verwens mense en ons weet nie waarvan jy praat nie. Wat Pippie en ander oorgekom het wens ek geen kind of vir wat dit werd is enige mens toe nie. Kom ons redeneer hierdie kwessie wat jou so seer maak soos volwassenes uit wat ons inderwaarheid is.
Hoor graag van jou

Trippie ·

Chris, ek hoop ek verstaan jou nou reg. Jy is Anice se suster … en Pippie is jou peetkind.

Die prag-poppie het die hele land se hart gesteel met haar ongelooflike deursettingsvermoë. Waarom vind jy dit nodig om mense te vervloek ? Die geld is geskenk vir haar mediese uitgawes en ons weet mos dat dit vir jare in die toekoms steeds die geval sal wees.

Anice se onskuld sal bewys word na die boeke geoudit is, en ek glo met my hele hart dat die gerugte kwaadwillig is.

Trek jou woorde asseblief terug – moenie kwaad uitspreek oor ander nie, hulle het JOU nie aangeval nie.

DOEN DIT, DIS DIE REGTE DING.

Wimpie ·

Nee, julle verstaan verkeerd Seg Net en Trippie. Dis nie Chris wat die vloek uitspreek nie, dit is wat Anice se broer, Hannes Barnard, vanoggend op Facebook gepost het en waarop Anice “he he he” gereageer het voordat sy dit later verwyder het. Ek dink Chris probeer in sy eerste twee paragrawe die opmerkings veroordeel.

Ek het begrip vir die feit dat hulle (Anice en haar familie) al keelvol moet wees vir die tipe inmenging wat hulle verduur, maar daardie tipe uitsprake is laakbaar. Maar mag ek nie oordeel voordat ek nie in hulle skoene gestaan het nie.

Trippie ·

Dankie Wimpie ! Soms interpreteer mens ‘n skrywe anders as die werklike bedoeling daaragter.

GROETE

Ronell Muller Boshoff ·

Dit is nou presies hoe mens nie moet optree nie. As iemand jou te na kom. Gee alles vir God. Ons ken mos pippie se verhaal. Nou verwens jy weer mense en dit is nou wat God nie wil he nie. God is die regter en Hy sal geregtigheid laat geskied in hierdie saak. As ek jy is vra ek vergifnes vir die lelike dinge wat terug gese is aan die mense. Hou jou kant skoon en julle het mos niks te vrees nie.

BlinkStefaans ·

Aan die klomp hier bo wat hom wil kruisig. hierdie is gister deur hom geplaas op sy facebook blad.
Daar is n’ paar dingetjies wat elke Christen weet wat jy nie moet doen as jy kwaad is:
Jou kind pakgee as jy nog kwaad is nie,
Moet nooit n’ brief skryf as jy kwaad is nie,
Moet nooit die naam van die Here gebruik as jy kwaad is nie en
Moet nie probeer om iemand seer te maak as jy kwaad is nie!

Op gronde daar van moet ek bieg dat ek seker een van die swakste Christene die laaste tyd was.

Dit is altyd maklik om kwaad te word en jouself na die tyd te verdedig en te verduidelik…

Vir meer as n’ jaar word Pippie aangevat deur mense wat haar nie ken nie en haar grootste sonde is om sterk te wees en te glimlag vir almal wat haar tog goed behandel. In die laaste 20 maande het ek gesien hoe my klein sussie deur hel gaan. Haar dogtertjie is verbrand, sy lewe van hospitaal kos en wat ook al te koop is by kafees. Sy sien haar seuntjie bitter min en gee vir haar man die laaste paar sekondes wat sy partykeer het. Sy word deur dokters, die media, die publiek en selfs haar vriende aangevat. Hulle verkleineer haar, stry met haar, beledig haar, gee haar min hoop en maak haar af as iemand wat haar kind gebruik vir self verryking.
Maar in die laaste 20 maande het ek ook gesien hoe sy groei in Christus. Hoe veel sy van haarself gee. Hoeveel sy nog wil gee aan ander. Sy en God het groot vriende geword en saam wil hulle nog groot goed aanpak.

…en in dit alles, mis ek my klein sussie. Ek mis so baie van dit wat ons voorheen gehad het. Ons lekker mal geselsies, saam kos maak, my ousus terg, stry oor wat se musiek die beste is, beplan aan die toekoms en meeste van alles, stywe drukkies van haar.

Ek het my klein sussie min gekry die laaste 20 maande. Wat ek wel gekry het is die wete dat so baie mense haar seer maak. Die wete dat sy alweer besig is om iemand anders te help al is sy self stukkend. Die laaste 20 maande het my op plekke in my hart rou geskaaf.
Die laaste 20 maande wou ek net al haar seer weg vat.
Die laaste 20 maande wou ek net haar gesin vir haar terug gee.
Die laaste 20 maande wou ek net vir Pippe weer sien loop.
Die laaste 20 maande wou ek net almal wat haar seer maak venietig.
Die laaste 20 maande wou ek net die kwaadstokkers weg vloek.
Die laaste 20 maande wou ek net die false mense in haar lewe laat verdwyn.

Maar, die laaste 20 maande het ek die wonderlike mense in Anice en Pippie se lewe baie keer mis gekyk. Te veel kere oor hulle gekyk. Dit wat hulle stil, stil sonder dat hulle gevra is, net met groot glimlagte, mooi dinge aan Anice en Pippie gedoen.

En dit is al die wonderlike mense wat my laaste facebook post baie seer gemaak het. Ek weet ek moet en kan my self nie verduidelik nie. Ek wil net om verskoning vra vir Anice en al die mense wat my harde woorde geknou het. My rou en my seer het my geen rede gegee om te vloek of n’ vloek oor ander uit te spreek nie. Ek het geen rede gehad om dit wat God so mooi beplan het vir Anice en Pippie te betwyfel nie.

Soveel mense het my vorige, haatlike post gesien en daarop gereageer. Aan almal wat dit moes aanskou, ek vra inniglik onverskoning daarvoor.
Aan almal, Anice, Pippie en ook God, ek is baie jammer. Ek weet my woorde het skade gebring. Ek hoop dat almal wat nou die post lees, my sal vergewe.
Aan almal in die Kruger en Barnard familie, ek is jammer. Aan al die mense in Anice en Pippe se lewens, julle is werklik geseend om die twee in julle lewens te hê. Anice, jy en Pippie, weet dat almal, goed en sleg vir n’ rede in julle lewens is en so ook in myne.
‘n’ Rou en rooi in die gesig boetie,

Hannes Barnard.

PS, almal wat die post lees. Weereens, baie jammer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.