Video: Kunstenaars maak stem dik teen misdaad

Foto: Youtube

Shout, ’n beweging van Suid-Afrikaanse kunstenaars teen misdaad, het Donderdag sy nuwe musiekvideo en ʼn teenmisdaad “slimfoon toepassing” bekendgemaak.

Die video vir “You’re the voice” bevat meer as 30 kunstenaars, insluitend Arno Carstens, Kurt Darren, PJ Powers, Karen Zoid en die Idols-wenner Elvis Blue. Shout is in Maart 2010 begin in die stryd teen misdaad. Shout het ook gister sy nuwe slimfoon toepassing bekendgemaak wat gebruikers in staat sal stel om op hoogte te bly van kriminele aktiwiteite in hulle onmiddellike area en misdade aan te meld by Crime Line. Gebruikers sal ook kennisgewings kry wanneer hulle ʼn area binnegaan waar daar onlangs misdaad aangemeld is.

Om “You’re the voice” af te laai SMS “VOICE” na 49300. Die opbrengste word vir misdaadbekamping aangewend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.