Video: Labrador oorhandig kwitansies

Alhoewel dit heeltemal onnodig is, bied dié brak graag ʼn helpende hand (poot) in die kantoor.

Wanneer die sekretaresse ʼn kwitansie uitgedruk het, kom die Labrador-teef en haar maat en staan geduldig en wag vir die papierwerk. Sodra die kwitansie vasgekram is, oorhandig die sekretaresse dit weer aan die “span” om dit aan die klant te oorhandig. Dié video het vandag groot opslae gemaak nadat dit onlangs op Reddit publiseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.