Video: Laerskoolkind geskors toe hy potlood op maatjie rig

Christopher Marshall (7) van Virginia in Amerika is geskors nadat hy glo “geweerklanke” gemaak het toe hy ʼn potlood op ʼn maat gerig het.

Christopher en die maat het glo gespeel hy is die soldaat (soos sy pa) en sy maatjie die “slegte ou”. Hy het sy potlood op sy maat gerig en geweerklanke gemaak. Hy is vir twee dae lank geskors. Die Driver-laerskool in Suffolk, Virginia duld glo nie enige wapen van enige aard nie.

Paul Marshall, Christopher se pa, sê die skool het nie hul “gesonde verstand” gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.