Video: Lonmin-betoger met vuurwapen betrap

Nuwe beeldmateriaal van Donderdag se bloedbad by Lonmin se Marikana-myn dui daarop dat stakende mynwerkers moontlik eerste op die polisie geskiet het. Dit volg nadat ʼn weeklange onwettige staking in ʼn skietery ontaard het waartydens 34 mense dood en 78 beseer is. Die polisie moes ondermeer met rubberkoeëls, traangas en verdowingsgranate op betogers by die myn losbrand. Die polisie het gesê hulle het geen ander keuse gehad as om geweld te gebruik nie. President Jacob Zuma het die gebied Vrydag besoek en die geweld veroordeel en ‘n ondersoek na die gebeure versoek.

Die video is deur enewschannel op Youtube gelaai. Waarskuwing: Die video bevat grafiese materiaal wat sensitiewe kykers kan ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.