Video: Lugredery sal “rassistiese” advertensie wysig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die advertensie volg onderaan die berig. ʼn Lugredery in Japan het Dinsdag gesê hy sal ʼn televisie-advertensie wysig nadat die maatskappy van rassisme en stereotipering van witmense beskuldig is.

All Nippon Airways, Japan se grootste lugredery, het besluit om die advertensie terug te trek nadat hy deur e-pos, op sosiale media en met telefoonoproepe gekritiseer is. “Die lugredery wou sy Japannese passasiers aanmoedig om te verander sodat hulle internasionaal meer aktief sou wees,” het Ryosei Nomura, woordvoerder vir All Nippon, gesê.

Die advertensie is tussen Saterdag en Maandag uitgesaai en moes die lugredery se toename in internasionale vlugte van Haneda Internasionale Lughawe in Tokio bemark.

“Die lugredery sal die advertensie wysig en die verskillende menings in ag neem,” het Nomura gesê.
http://youtu.be/DCjxzpSrFP4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.