Die video volg onderaan die berig.
ʼn Verstommende video wat vasvang hoe ‘n luiperd uit die water ‘n verwoede aanval op ‘n niksvermoedende krokodil loods, maak opslae op YouTube nadat dit deur National Geographic opgelaai is.
Die video wys hoe die luiperd sy reptiel-prooi van ver af bekruip terwyl die krokodil op ʼn sandbank in Brasilië in die son bak. Die luiperd swem deur die water en val dan die 2,5 meter lange krokodil uit die bloute aan. Hy byt die krokodil sonder veel moeite dood en sleep dit weg.
Die video is 26 September opgelaai en is teen Donderdag byna 23 935 056 keer gekyk.
Maklike maaltyd, die luiperd het langs die water grootgeword en die tegniek van kleintyd bemeester.
Dis al 22 MILJOEN keer gekyk op Youtube, nie 22000 nie
‘n Luiperd en “Jaguar” is nie dieselfde spesie nie.
En dis duidelik n mannetjie jaguar.