Video: Luiperd val krokodil aan

luiperd teen krokodil

Die video volg onderaan die berig.

ʼn Verstommende video wat vasvang hoe ‘n luiperd ​​uit die water ‘n verwoede aanval op ‘n niksvermoedende krokodil loods, maak opslae op YouTube nadat dit deur National Geographic opgelaai is.

Die video wys hoe die luiperd sy reptiel-prooi van ver af bekruip terwyl die krokodil op ʼn sandbank in Brasilië in die son bak. Die luiperd swem deur die water en val dan die 2,5 meter lange krokodil uit die bloute aan. Hy byt die krokodil sonder veel moeite dood en sleep dit weg.

Die video is 26 September opgelaai en is teen Donderdag byna 23 935 056 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vas Vat ·

Maklike maaltyd, die luiperd het langs die water grootgeword en die tegniek van kleintyd bemeester.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.