Video: Luiperdvangs ‘n treffer op Youtube

Foto: Youtube

ʼn Video van ʼn luiperd wat op dramatiese wyse ʼn rooibok in die lug vang in die MalaMala-wildreservaat in Mpumalanga is in net minder as ʼn week reeds meer as 3 miljoen keer op Youtube gekyk.

Die video is deur Martha van Rensburg geneem en op Youtube geplaas, volgens MalaMala se blog. Van Rensburg was glo saam met die wildfotograaf, Greg du Toit, Marius du Toit en Ian Weatherburn op ʼn fotografiese “roofdier-safari”. Die groep het op 29 September, hul laaste dag by MalaMala, op die luiperd afgekom en het hulle sowat 5m van die roofdier stilgehou. Hulle het sowat 30 minute gewag voor ʼn trop rooibokke oor die pad gehardloop het en een van hulle luiperdkos geword het. Van Rensburg het die video verlede week Dinsdag op Youtube gelaai waar dit al meer as 3 miljoen keer gekyk is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos Marais ·

Dit is opmerklik dat die rooibokke windop hardloop, reg in die “leeu (luiperd) se bek” in en dat hulle redelik vinnig hardloop. Dit laat die vermoede ontstaan dat hulle aangejaag is, doelbewus, deur iemand. Een van Mala Mala of een van die ander oorde se veldwagters? Die manier waarop hierdie wildbesigtigingsritte bedryf word, is nie sonder sy etiese en bewaringsprobleme nie.

Meyer ·

Hoe is dit ‘n etiese of bewaringsprobleem as ‘n luiperd ‘n rooibok vang?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.