Die video is deur Martha van Rensburg geneem en op Youtube geplaas, volgens MalaMala se blog. Van Rensburg was glo saam met die wildfotograaf, Greg du Toit, Marius du Toit en Ian Weatherburn op ʼn fotografiese “roofdier-safari”. Die groep het op 29 September, hul laaste dag by MalaMala, op die luiperd afgekom en het hulle sowat 5m van die roofdier stilgehou. Hulle het sowat 30 minute gewag voor ʼn trop rooibokke oor die pad gehardloop het en een van hulle luiperdkos geword het. Van Rensburg het die video verlede week Dinsdag op Youtube gelaai waar dit al meer as 3 miljoen keer gekyk is.
Lees meer hier.
DIT IS ‘n AWESOME VIDEO
Dit is opmerklik dat die rooibokke windop hardloop, reg in die “leeu (luiperd) se bek” in en dat hulle redelik vinnig hardloop. Dit laat die vermoede ontstaan dat hulle aangejaag is, doelbewus, deur iemand. Een van Mala Mala of een van die ander oorde se veldwagters? Die manier waarop hierdie wildbesigtigingsritte bedryf word, is nie sonder sy etiese en bewaringsprobleme nie.
Hoe is dit ‘n etiese of bewaringsprobleem as ‘n luiperd ‘n rooibok vang?
Nee, dit is ‘n etiese en bewaringsprobleem as mense inmeng in roofdiere se jagproses.