Video: Lyfstraf by huise onder loep

Argieffoto

Al wil die regering lyfstraf by ouerhuise verbied, glo die meeste jongmense blykbaar steeds dit is aanvaarbaar om kinders soms ’n loesing te gee.

Die navorsingsmaatskappy Pondering Panda het meer as 3 000 jong Suid-Afrikaners wat tussen 13 en 34 jaar oud is, gevra wat hulle mening oor lyfstraf is.

Maroela Media het vroeër berig 63% het aangedui hulle reken dis aanvaarbaar dat kinders soms pakslae kry. Lees meer hier.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Kan die regering nie asseblief begin deur hulself op te voed en te dissiplineer nie, en so ook hul eie maaksels en die se maaksels.

In my lewe sou ek nooit dit durf waag het my ouer of onderwyser “back chat” nie, juis uit respek vir hulle en die opvoeding wat ek tuis ontvang het.

SPAN DIE PLATHAND IN … ek het hom geproe en GEEN sielkundige letsels oorgehou nie, inteendeel, dit het my ore oopgehou.

DANKIE MY MOEDERTJIE, al leef mammie nie meer vandag om my dankbetuiging hier te lees ne.

Trippie

IVOR : Stem jy saam ? Die Bybel leer ons om diegene te tugtig wat ons lief het (kinders). Buig die boompie ook terwyl hy jonk is. You, who are on the road, must have a code, that you can live by. And so, become yourself, because the past, is just a good bye. Teach, your children well, their father’s hell, did slowly go by, And feed, them on your dreams, the one they picked, the one you’re known by. Don’t you ever ask them why, if they told you you would cry, So just look at them and sigh,… Lees meer »

magda

Ek glo aan lyfstraf dit werk beter as om kind te straf! Ek se nie slaan n kind dood nie maar dit leer hulle respek want vandag se kinders het nie eers meer respek vir hulle self nie! Vandag dank ek my ouers omdat hulle streng was want ek was te bang om iets verkeert te doen en dit het hulle nie slegte mense gemaak nie!