Video: Madeleine se ‘graf’

Die Suid-Afrikaanse man wat glo die groot raaisel om die verdwyning van die Britse meisie, Madeleine McCann, kan oplos, gaan moontlik van betreding aangekla word.

Stephen Birch, ʼn kommersiële eiendomsontwikkelaar van Kaapstad en ʼn ongeregistreerde speurder, het verlede week aan die Britse polisie grondradar-skanderings gestuur van, wat hy beweer, Madeleine se graf is. Die beweerde graf is onder ʼn beton motor-oprit, agterin die erf van ʼn huis van een van die hoofverdagtes in die saak, opgespoor. Dié huis is naby aan ‘n vakansieoord waar Madeleine vyf jaar gelede weggeraak het.

Om dié bewyse te kry, moes Birch die eiendom onwettig betree en het hy in die vroeë oggendure oor die heining by die huis geklim. Die eiendom behoort aan die verdagte se ma. Nadat Birch dié vonds gemaak en verfilm het, het hy op 6 Julie ‘n video op YouTube geplaas. Times Live het Maandag berig daar is aan hom gesê dat die verdagte sedert die video geplaas is, met sy prokureurs in verbinding getree het oor die geldigheid van die video en of Birch van oortreding aangekla kan word.

“Ek kan verstaan dat die verdagte ontsteld is. Ek hoop hy is ‘n oopkop-man en kan verstaan dat my bedoelings eerbaar was,” het Birch gesê. Volgens Birch wil die verdagte nie hê dat die polisie sy ma se eiendom fynkam om sy vermoede verkeerd te bewys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sustersarah ·

Klink vir my asof daar ‘n slang in die gras is… Hoekom so op die verdediging? As hulle niks het om weg te steek nie, is daar mos niks om voor bang te wees nie? Well done mnr Birch!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.