Video: Malema: ‘Oorwinning is seker’

Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sê die besluit om die jeugliga se leiers te skors is reeds geneem voor die dissiplinêre aksie teen hulle.

Malema het aan verslaggewers in Johannesburg gesê daar was reeds vroeër tekens dat die jeugliga se leiers geskors sou word. “ʼn Besluit om die jeugliga se leiers te veroordeel en te tug is deur die ANC se sekretaris generaal, Gwede Mantashe, geneem en sy bedoelings is duidelik gemaak in al sy uitsprake.” Mantashe het voor die aanvang van die dissiplinêre verhoor gesê die jeugliga “het ʼn lyn oorgesteek”. Malema sê dié woorde is ʼn uitspraak op sigself. Hy sê die ANC se nasionale dissiplinêre komitee is bloot byeen geroep om wettigheid te verleen aan die uitspraak. Malema sê die jeugliga stem nie saam met die uitkoms van die dissiplinêre verhoor nie en sal appèl aanteken teen die beslissing. Malema is verlede week vir vyf jaar uit die ANC en jeugliga geskors. Volgens Malema is dit duidelik dat die voorsitter van die nasionale dissiplinêre komitee, Derek Hanekom, ʼn politieke agenda het. Malema het Hanekom daarvan beskuldig dat hy sy humeur verloor het en talle uitbarstings gehad het gedurende die verhoor. “Ons stryd sal nooit ondermyn word nie, oorwinning is seker,” sê Malema.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.