Video: Maljan sakkie-sakkie rekord los

Lezelle Pretorius en Maljan

Maljan, ʼn waaghalsige hanswors en aanbieder van JacarandaFM, het homself moontlik in die Guiness World Records in gedans.

Maljan en sy dansmaat, Lezelle Pretorius, het Vrydag vir meer as vier ure by SuperSport Park in Centurion gedans. Aanvanklik was die doelwit om 6 km te dans, maar terwyl hulle met die poging besig was, moes hulle uitvind ʼn Britse paartjie het reeds dié dansrekord laat spat. Die nuwe rekord wat gebreek moes word, was 8.1 km. Nie eens swaar reën kon Maljan en Lezelle se entoesiasme demp nie, en aan die einde van 4 ure se geskoffel het onafhanklike beamptes bevestig hulle het 10.06km gedans.

Rian van Heerden, hoofaanbieder van die radiostasie se Complimentary Breakfast vir wie Maljan al sy mal toertjies doen, het Maandag die rekordafstand bevestig. Maljan het skertsend gesê die gedagte om vir ʼn ruk lank dié prestasie in Rian se gesig te kan vryf, was die grootste dryfveer agter die rekord, aangesien Rian nie gedink het hy gaan dit regkry nie.

Amptelike beeldmateriaal en notas moet deur die Guiness World Records nagegaan word alvorens hulle die rekord amptelik bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Poppie ·

Maljan jy n man duisend glo my!! Nie almal sal dit kan doen nie. Van Tannie Poppie_Benoni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.