Video: Man breek by ouetehuis in, ontbloot hom aan bejaardes

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

LookLocal Krugersdorp in Gauteng het ʼn skokkende video bekom van ʼn man wat by ʼn ouetehuis in die dorp inbreek en homself aan die bejaardes ontbloot.

Die man is op die ouetehuis se kringtelevisiestelsel afgeneem en het glo al twee keer op die ouetehuis toegeslaan.

Volgens die koerant het die man vir die eerste keer op Saterdag, 8 Februarie sy verskyning gemaak en op Saterdag, 15 Februarie weer toegeslaan.

Die beeldmateriaal wys hoe die man sy broek aftrek, ʼn bejaarde vrou se duvet ooptrek en haar dwing om na hom te kyk terwyl hy langs haar bed staan. Op dieselfde aand klim hy in ʼn ander bejaarde se bed en klim later weer uit en trek sy broek op.

Die video wys ook hoe hy daarin slaag om ʼn veiligheidswag te ontduik. Die verdagte is steeds op vrye voet.

Konst. Tshepiso Mashale, ʼn woordvoerder van die Krugersdorp-polisie, het aan die koerant gesê dat die polisie roetine patrollies by die betrokke ouetehuis gaan vermeerder. Die bestuur van die ouetehuis het gesê hulle gaan al die slotte by die ouetehuis vervang, en meer veiligheidswagte ontplooi. Hulle wou nie verder kommentaar lewer nie.

Bron: LookLocal Krugersdorp

http://youtu.be/uVQYKxR4iVA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Slim Daan ·

Waaaattt innie d…..!!!! ? – vra ek met trane in my poeierblou oe. Kan mens aanvaar daar sekerlik iemand aangestel is om die CCTV-skerms te monitor ? ( Of is die resultaat dieselfde as wat desedae in SAPD aanklagkantore aangestref word ? )
Magtag. Dis immers iemand se tere moeder wat deur die woelgulp in sy wellus getreiter word. Prognose van so n blixem is om tot die vlgde stap oor te gaan….en ons almal weet wat dit behels. Ek hoop die kinders van die slagoffers ry die bestuur van die plek bloots.

Trips ·

Goeie genade tog, mens aanvaar jou ouer(s) is veilig, en jy is heeltemal reg, ek sidder om te dink wat die volgende stap sou wees.

Ek het waargeneem die sekuriteitsbeampte het ook net so flou poging aangewend om die (wat sal mens hom nou noem) potensiële verkragter agterna te sit, en daarna net gestap.

Trips ·

Ek verstaan nie, my kommentaar is verwyder, ek het my geensins skuldig gemaak deur enige van die reëls van Maroela te oortree nie.

Slim Daan, ek sal maar volstaan met “EK STEM SAAM MET JOU” !

Justi ·

Die land se sielsiek mense wat nou al die oues van dae treiter. Dis erg!

Vang die vark en sny dit wat hom pla af. Dis werklik veragtelik.

Die veiligheid van almal word elke sekonde van die dag bedreig deur die swak regstelsel en sielsiek kriminele.

Trippie ·

Kastrasie vir elke verkragter !

(Hallo Justi, vertrou dit gaan goed met jou ?).

Justi ·

Almal word oud en verdien geesins om sulke dinge deur te gaan nie.

(Trippie gaan goed dankie en jy? Net lekker besig.)

Wilna ·

Dit is verskriklik erg maar ek merk ‘n paar goed op. Eerste keer wat persoon gesien word is datum 02/08/2014. Vark het ‘n wit broek aan. Dan later staan daar ….”minutes later the same person was spotted inside again…”. Tog wys die datum dan 15/02/2014 EN die vark het dan ‘n donker broek aan. Nou hoe werk dit?
Ander ding wat my pla…..en moenie my verkeerd verstaan nie… ek verstaan hoekom daar CCTV is, maar watse privaatheid het daardie ou mense BINNE IN hul eie kamers? Weet hul ooit dis daar? Ek wonder maar net…..
Hoop in elk geval hul vang die vark en sny alles met ‘n stomp lemmetjie af wat pla.

Slim Daan ·

Wilna – ek moes proes. Ek verstaan die erns van die aangeleentheid. Maar…..privaatheid soos in ? Meen te se die manne en vroue is maar op die pille, brille en …….nou ja, woorde ontglip my.
Owergesiedsynde is dit sekerlik maar net oom Spataar wat n teetjie kom drink ?
Uit eie ondervinding die vlgde :-
Die oumense word iets allerverskrikliks besteel. Van hul vrugte tot ander lekkernye loop deur.
Dan by sekere instellings moet daar kort-kort by van die mense ingeloer word. Ook maar seker n maatreel om te sien of sekere personeel hul alies lig. n Vriendin van my het haar moeder ( na n nag buite ) in die tuin aangetref, terwyl die registers aantoon mev X vertoon ” rustig en slap vas “.
Andersyds oorweeg ek om met n grys pruik ( en twee satsumas as dekking ) – my dienste vrywilligliklik aan te bied. Die meneertjie sal te laat kennis moet neem ” mevroutjie ” le gewapen met n knuppel. ( Die slaan soort ! )

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.