Video: Man gered ná mislukte selfmoordpoging

Foto: Kron4 (http://news.kron4.com/news/driver-survives-300-foot-plunge-off-socal-cliff/)

Foto: Kron4 (http://news.kron4.com/news/driver-survives-300-foot-plunge-off-socal-cliff/)

Die video volg onderaan die berig. ʼn 19-jarige man, wat 90 meter ver met sy motor geval het nadat hy van ʼn krans in die suide van Kalifornië af gery het, is gered.

Die man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, maar het glo aan paramedici gesê hy het aspris by die krans af gery, berig KNBC-TV.

Owerhede is Vrydag omstreeks 02:00 na die toneel ontbied. Die motor was in die golwe.

Brandbestryders, lewensredders en die plaaslike polisie het die reddingspoging ondersteun. Die bestuurder van die motor is uiteindelik bevry en met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die voorval het sowat 32 km suid van Los Angeles plaasgevind.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.