Video: Man kritiek na haai-aanval op Vishoek-strand

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdag deur ʼn haai aangeval is by Vishoek-strand naby Kaapstad.

Volgens ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, het die voorval net na 12:00 plaasgevind. Nooddienspersoneel en die NSRI het die man op die strand behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Volgens berigte is alle strande in die Valsbaai omgewing gesluit. Intussen berig Wavescape dat dit ʼn 44-jarige man is wat aangeval is en dat hy albei sy bene verloor het. Die man is glo aangeval terwyl daar ʼn kragonderbreking in Kaapstad was en het die sirene glo nie afgegaan nie. Die man was glo sowat 60m van die strand toe hy aangeval is. Dit is nog nie duidelik watter tipe haai vir die aanval verantwoordelik was nie. Lambinon sê die man is glo deur haaikykers op die strand gewaarsku om nie te swem nie aangesien daar vroegoggend haaie in die gebeid opgemerk is. Die strand was glo ook gesluit.

‘n Ooggetuie het intussen ‘n video opelaai op die sosiale netwerk Youtube van die gebeure na die aanval. Die video verskyn op die gebruiker brucehimself se blad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.