Video: Man oorleef drie dae onder die see danksy gebed en ‘n lugborrel

Harrison Okene en sy reddingspan

Harrison Okene en sy reddingspan

Die video van die reddingspoging volg onderaan die berig. ʼn Man van Nigerië het 72 uur lank op die bodem van die see oorleef danksy gebed en ʼn lugborrel in ʼn omgeslane boot.

Harrison Odjegba Okene was op ʼn boot wat op 26 Mei in die Atlantiese Oseaan, aan die Nigeriese kus, omgeslaan het. Elf van die bemanningslede het omgekom, maar Okene, die kok, het drie dae lank oorleef voordat reddingsduikers van Suid-Afrika op hom afgekom het.

Die beeldmateriaal van sy redding is vandeesweek vrygestel.

Die video wys hoe Okene sy hand uitstrek om die reddingsduiker te wys dat hy nog leef. Volgens die reddingsduikers het hulle aanvanklik, toe hulle die hand sien, gedink dit is ʼn lyk, maar die hand het toe die duiker se hand gedruk.

Volgens Okene het hy ʼn gedeelte uit Psalm 54 opgesê wanneer dit te koud geword het: “Red my deur u mag, o God… Die Here hou my lewe in stand.” Hy sê dit is Goddelike ingryping wat sy lewe gered het.

Okene het ook ʼn bottel Coca-Cola by hom gehad wat hom aan die lewe gehou het.

Volgens die reddingspan sou Okene binnekort nie meer suurstof in die lugborrel oorgehad het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Ek sal graag wil weet hoe diep hy onder water was .Jesus is getrou .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.