Video: Man oorleef ná hy 26 uur in vishouer dobber

‘n Jong visserman wat 26 uur in ‘n plastiese vishouer rondgedobber het voor hy gered is, is Woensdag aan die kus van Alaska uit die see gered ná sy boot gesink het.

Die 19-jarige Ryan Harris se enigste toevlug was die vishouer en hy het die tyd verwyl deur liedjies te sing, waaronder die bekende “Row, row, row your boat.”

Sy enigste bemanningslid het wel ‘n reddingsbaadjie aangehad en is lewendig op ‘n strand gevind.

Klik hier om ‘n video van die reddingsproses te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.