Video: Man spandeer neseier op piesang met rastalokke

Henry Gribbohm. Die video volg onderaan die berig.

Henry Gribbohm, ʼn man van New Hampshire in Amerika, het al sy gesin se spaargeld van $2 600 op ʼn karnaval-speletjie spandeer. Al wat hy egter daarvoor te wys het, is ʼn opgestopte piesang met rastalokke.

Die nuuskanaal WBZ berig Gribbohm beweer hy was by die karnaval ingedoen. Hy het aan ʼn speletjie deelgeneem waar die deelnemer ʼn bal in ʼn emmer moes gooi in die hoop om ʼn xBox te wen. Hy het by die huis geoefen en voer aan daar was ‘n geknoeiery by die speletjie by die karnaval, omdat hy toe die heeltyd aanhou verloor het.

Hy het op die ou einde $2 600 (sowat R23 160) van sy gesin se neseier spandeer, sonder enige sukses. Hy het die volgende dag by die eienaar, wat die speletjie bedryf, gaan kla, en is uiteindelik daar weg met die opgestopte piesang en $600. Gribbohm het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak. Die maatskappy wat die karnaval bedryf het die eienaar van die speletjie verbied om sy stalletjie te bedryf alvorens die ondersoek nie afgehandel is nie.

Die video is op 30 April deur bobus2 op YouTube gelaai, en is al meer as 167 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.