Video: Man sterf in Margate-botsing

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

ʼn Man is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat ʼn swaarvoertuig Dinsdag in die vroeë oggendure in Margate, KwaZulu-Natal, omgeslaan het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Marineweg plaasgevind het. “Dit is nie bekend hoe die ongeluk gebeur het nie. Die vragmotor het omgeslaan en teen ʼn klein gebou tot stilstand gekom,” het Steinmann gesê.

“Die twee insittendes was in die wrak van die voertuig se kajuit vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word. Hulle het meer as twee ure lank gespook om die mans te bevry terwyl medici op die wrak geklim het om die mans by te staan.”

Een van die mans is op die toneel weens veelvoudige beserings dood, die tweede man is op die toneel gestabiliseer en in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die video is deur HibiscusCoastSeconds op YoutTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.