Video: Mandela het glo operasie ondergaan

Nelson Mandela op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela-stigting/SAPA

Die video volg onderaan die berig. Voormalige president Nelson Mandela het onlangs ‘n sjirurgiese prosedure ondergaan, berig die televisienetwerk CBS in Amerika.

CBS berig dat Mandela onlangs ‘n sjirurgiese prosedure moes ondergaan om sy dialise-buis te ontsluit en dat sy lewensondersteuningsmasjiene aangedui het dat hy in nood verkeer. Die netwerk berig verder dat Mandela die afgelope week nie goed reageer het op sy medikasie nie.

Mandela het Saterdag sy 50ste dag in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria deurgebring nadat hy op 8 Junie vir ‘n herhalende longinfeksie opgeneem is.

Die presidensie het nog nie ‘n verklaring uitgereik oor Mandela se operasie nie.

Daar is geen aanduiding hoeveel prosedures Mandela moet ondergaan om te herstel nie.

Zinzi Mandela het op 18 Julie gesê haar pa lyk al baie beter en dat hulle verwag dat hy binnekort ontslaan gaan word. Thabo Mbeki het ook vroeër gesê dat dokters hom verseker het dat Mandela binnekort ontslaan gaan word om by die huis aan te sterk.

Madiba se verjaarsdag op 18 Julie is regoor die wêreld gevier en die Suid-Afrikaanse vlag is deur middel van ligte op die Eiffeltoring in Parys geskyn. Inwoners in New York het Mandeladag gebruik as ‘n platform om donasies aan die Nelson Mandela-kinderhospitaal in Johannesburg te skenk. New York het talle geleenthede gereël om die dag te vier wat die oggend by die Verenigde Nasies begin het en uiteindelik geëindig het by Gotham Hall met ‘n fondsinsamelingsgeleentheid, wat deur die Legacy of Hope-stigting gereël is. Die eredireksielede van die stigting sluit Charlize Theron, Natali Portman en Whoopi Goldberg in. Robert de Niro het ‘n geleentheid by die Suid-Afrikaanse konsulaat bygewoon om sy dankbaarheid teenoor Madiba uit te spreek.

Lees ook:
Mandela word “al hoe sterker”
Mandela glo “vasbeslote” om ontslaan te word
Nelson Mandela maak “merkwaardige vordering”
Mbeki verwag Mandela gaan ontslaan word
Graca nou “minder angstig” oor Mandela se gesondheid
Nelson Mandela reageer op behandeling
Mandela-kleinkinders op Twitter oor sy gesondheid
Mandela-prokureurs het glo mislei
Nelson Mandela: Dokters verwerp idee om masjiene af te skakel
Grafskendingsaak gaan voort teen Mandla Mandela
Presidensie ontken dat Mandela in “vegetatiewe toestand” is
Mandela in “vegetatiewe toestand”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marie ·

Ek wil al kots as ek net Mandela se naam hoor of sien ons het nou genoeg van hom gehad asseblief

Kaspaas ·

Ek voel ook so – die mensgemaakte ‘god’ wat homself nie kan help nie.

Ekke ·

Ja ek persoonlik dink hys lankal nie meer onder die lewendes nie, maar ons papbroek regering weet nie hoe om dit te erken nie. Indien hy nog lewe, en glimlag en so springlewendig is, hoekom sien ons geen fotos daarvan nie????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.