Video: Marmot breek wêreldrekord

Truffles

‘n Marmot het onlangs sy vorige wêreldrekord verbeter deur 48cm ver te spring.

Truffles, van Fife, Skotland, het 18cm verder gespring as die rekord wat hy vroeër vanjaar opgestel het, berig Mail Online. Truffles sal nou op vierjarige ouderdom “aftree” – vol vertroue dat sy rekord nie spoedig verbreek sal word nie.

Hy het in Maart vanjaar sterstatus bereik toe sy 30cm-sprong as ‘n wêreldrekord erken is. Marmotte het wêreldwyd gepoog om sy rekord te verbeter, en toe hulle dit uiteindelik regkry, het sy eienaars, die 14-jarige Chloe Macari en haar sussie, Nicole, geweet hulle moet Truffles van voor af inspireer.

Die vervelige komkommer wat Truffles vantevore motiveer het, sou nie meer deug nie, en hulle het uiteindelik op ‘n tipe koolkop besluit.

Truffles het vir ‘n oomblik lank op die randjie van die een boks gehuiwer voordat hy uiteindelik die sprong aangedurf het.

Die Macari-gesin het weereens met Guinness in verbinding getree en Truffles het sy sertifikaat ontvang dat hy inderdaad die beste in die wêreld is. “Hy sal vir ten minste ‘n jaar lank ‘n kampioen wees,” het Chloe se ma, Angela, gesê. “Chloe is in haar skik dat hy weer die titel kon inpalm, maar nou gaan hy aftree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.