Mej. Wêreld is Saterdagaand tydens ‘n seremonie in Binne-Mongolië aangewys.
Mej Sjina, ‘n 23-jarige musiekliefhebber, wat graag saam met armes wil werk, het dié gesogte titel ingepalm. Met haar blink blou rok het Yu Wenxia vir die gehoor in die Dongsheng-stadion in Ordos, gewuif. Dié stadion is in Sjina se Inner-Mongolië Outonome gebied geleë.
“Ek lag graag en is baie lief vir musiek,” het Yu gesê. Sophie Moulds, ‘n 19-jarige sakestudent van Wallis het die tweede plek verower en Jessica Kahawaty (23), ‘n regstudent van Australië, was derde.
Sjina het ook die Mej. Wêreld-kroon in 2007 gedra toe Zhang Zilin as die wenner aangewys is.