Video: Merkwaardige bestuursvernuf

Ken Block

Die 44-jarige Ken Block is ʼn professionele tydrenjaer vir die Monster World-span. Block is ook een van die stigterslede van DC Shoes en is onlangs as Hoof Handelsmerkbeampte vir dié maatskappy aangestel. Hy het al in talle aksiesport-items deelgeneem, insluitend skaatsplankry, sneeuplankry en motorwedrenne.

In dié video vertoon hy sy merkwaardige bestuursvernuf in die strate van San Francisco, Kalifornië.

Die video is oor vier dae deur regisseur Ben Conrad verfilm.

Mede-atleet Travis Pastrana kan ook in die video op sy motorfiets gesien word.

WAARSKUWING: Die toertjies in dié video word deur ‘n professionele bestuurder uitgevoer. Moet dit nie by die huis probeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.