Video: Metropolisiebeampte buite laerskool aangerand

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Stasiebevelvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is Maandagmiddag buite ʼn laerskool aan die Oos-Rand aangerand, terwyl hy besig was om ʼn boete uit te skryf.

Clifford Shongwe, woordvoerder van die EMPD, het Woensdag aan Maroela Media gesê die metropolisie is deur die skoolbestuur van die Dunnottar Primary School ontbied, aangesien verskeie motoriste gereeld ander motors se toegang versper, veral as leerlinge by die skool op- en afgelaai word. Mense hou ook aan die verkeerde kant van die straat stil.

“Die bevelvoerder was omstreeks 13:40 by die skool en het ʼn boete aan ʼn oortreder uitgeskryf. Die man het eers kalm voorgekom en toe skielik begin om die bevelvoerder aan te rand,” het Shongwe gesê.

Die motoris, glo in sy vroeë 40’s, is kort na die aanval in hegtenis geneem op aanklag van aanranding. Hy het Dinsdag in die hof in Dunnottar verskyn en die saak is tot 8 September uitgestel.

Die bevelvoerder is nie ernstig beseer nie en was teen Woensdag terug op sy pos.

https://youtu.be/6d9rx97riHk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

N ·

Dit is verskriklik. Ek stem. Sluit hom toe. Daar moert n voorbeeld van hom gemaak word.

Morne ·

Ek stem 100% saam, maak n voorbeeld van hom. Daar is hopeloos teveel bestuurders wat so arrogant op tree, laat hom af koel en relax vir n paar jaar in die staats B&B.

tamboti ·

EK SOEK NAME, NAME!!!!!!
Die vark in die verhaal moet defnitief van aanranding met doel om ernstig te beseer aan gekla word, bestuurs en vuurwapenlisensies moet gekanselleer word en hy moet ondersoek word vir mishandeling van sy vrou/gesin. Gaan maar gerus sy rekords na- lyk vir my hy na groot moeilikheid.

Karma ·

HKGK …… Wat my verbaas is dat die omstanders (en baie van die skoolkinders) vir etlike sekondes staan en toekyk, sonder om iets te doen, om die aanranding stop te sit. Hierdie ou het ‘n groot skroef los êrens. Hel, ‘n mens val mos nie ‘n geregsdienaar aan oor jy ‘n boete gekry het omdat jy verkeerd opgetree het nie? Nee wat, my ou, wat die beampte ookal gedoen of dalk gesê het, maak nie saak nie …. jy het vir jou gat ‘n lekker lang, dik lat gesny en jy verdien elke hou wat daarmee val. Ek sidder om te dink hoe hy teenoor sy vrou/meisie/kinders/gesinslede optree as hy kwaad raak vir hulle! Watch dit – nou gaan dit weer ‘n rasse-ding raak …………….

Elizabeth ·

Hoekom ‘n ‘rasse-ding’? – die aanrander het nie vir my na ‘n blanke gelyk nie en verwag jy regtig dat van die skoolkinders (omstanders) tussenbeide moes tree?

Karma ·

@Elizabeth – die aanrander het vir my blank gelyk, maar – aan die anderkant – die video is baie, baie dof. Dit het vir my na ‘n blanke man gelyk …. en ons het mos nou ondervinding die afgelope sewe maande van enige negatiewe interaksie tussen sekere rasse wat aangeblaas word tot rassisme. Van die omstanders is ook nie kinders nie en ja, mens sou dink dat iemand iets sou doen om die aanranding stop te sit. Ek sal optree in ‘n situasie waar ek sien iemand word seergemaak onnodig. Dit is vir my net menslik.

m ·

Opgevoede mense tree nie so op nie. As jy verkeerd is moet jy ma die boete aanvaar soos n man. Help nie om die openbaar aandag te wil soek nie want nou het hy jare se moeilikheid. Kry die man se vrou en kinders jammer want hoe word hulle nie gefoeter nie…………………….

Johan ·

Ek sê weer daar is drie kante van die saak jou kant , my kant en die regte saak…….maroela moet dalk dieper gaan delf en die man se kant ook hoor……..

Feite ·

Maroela Media, dit is Laerskool Dunnottar en die skool/dorp is in Nigel geleë, en nie in Springs nie. Maak asb. 100% seker van julle feite voor julle iets publiseer. Dankie.

Landi Slatter ·

Dagsê Feite,

Dankie vir jou terugvoer. Alhoewel die woonbuurt Dunottar en Laerskool Dunottar in Nigel geleë is, is Dunottar Primary School in Christopherweg, Springs, geleë. Die Ekurhuleni-metropolisie het ook aan ons bevestig die voorval het in Springs plaasgevind.Ons wysig egter die berig bloot na “Dunottar Primary School aan die Oos-Rand.”

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Feite ·

Hallo Landi. Dankie dat jy gereageer het, maar ongelukkig is die Ekurhuleni metropolisie onder ‘n wanindruk. Ek is in Dunnottar gebore, het daar gewoon en skoolgegaan, so ek is 100% seker die skool is in Christophersonlaan in Dunnottar, die voorstel van Nigel. :) Daar bestaan nie ‘n Dunnottar Primary School nie.

Lol ·

Ek het ook daar oor gewonder…..
Dalk moet dit nog gebeur…..hahahaha

Paula ·

LOL ja nee kyk ek wou ook sê. Lyk my iemand het in die toekoms in gesien.

Johann ·

Moet die een op ALLE skool WEB BLADSYE Post…mense raak semi loskoppie in die oggende en midae as boeta en sus af en opgelaai word! Selfs SONDER die Polisie…

Theresa ·

Sheeees, maar hy’t hom vreeslik vervies!!! En sterk!! sleep die ou soos ‘n vrot lap rond! Nie ‘n wonder die omstaanders was vasgenael vir ‘n oomblik nie. Nou ja, op die video clip staan Dunnotta Primary. Dan was die ou seker maar die dunna in…

mads ·

Dit was nie ‘n “rasse” insident nie. Die beampte en die aanvaller was van dieselfde etniese groep. Hierdie is blatant omdat hy nie die wet gehoorsaam het nie en geen respek het vir reëls en regulasies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.