Video: Minister sê samewerking lei tot afname in misdaad

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Foto: GCIS

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het aan afgevaardigdes by ’n konferensie van die Sekerheidsbedryf-alliansie gesê verbeterde koördinasie en uitruil van inligting het bygedra tot die afname in ernstige misdaad.

Mthethwa sê samewerking tussen die polisie en nagenoeg 8 000 private veiligheidsmaatskappye speel ʼn belangrike rol in die bekamping van misdaad. Mthethwa sê daar is ook suksesse bereik deur behoorlike polisiëring, verandering van wetgewing en die toewyding van beide die polisie en die gemeenskap. Hy sê egter daar is steeds talle uitdagings soos onwettige wapens wat deur sommige veiligheidsmaatskappye gebruik word. Mthethwa het ook onder meer verwys na transitorooftogte wat dikwels gebeur as gevolg van inligting wat aan misdadigers verskaf word deur persone wat in veiligheidsmaatskappye se diens is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.