Video: Miskruiers gebruik die Melkweg

Miskruiers maak glo gebruik van die Melkweg om hul pad te vind, het wetenskaplikes van Suid-Afrika en Swede bevind.

“Alhoewel hul oë te swak is om individuele konstellasies uit te ken, gebruik miskruiers die helling van lig na donker wat deur die Melkweg verskaf word. Die miskruiers wil seker maak dat hulle die bolletjies mis in ‘n reguit lyn rol en nie in ‘n kring loop en weer by mededingers by die mishoop opdaag nie,” het prof. Marcus Byrne van Wits Universiteit, verduidelik. “Die miskruiers gee nie om in watter rigting hulle loop nie, hulle wil net van die bakleiery by die mishoop wegkom.”

Byrne en sy span het vroeër bewys dat miskruiers van die son, maan en gepolariseerde lig gebruik maak om hulself te oriënteer. Hulle het in hul eksperiment “sonkeppies” vir die miskruiers aangetrek wat die son uit hul oë gehou het. Die span het ook bevind dat die insekte bo-op hul misbolletjies klim om ‘n oriëntasie-“dans” uit te voer.

Verdere ondersoeke, wat by die gesimuleerde naghemel van die Wits-planetarium uitgevoer is, het bevind dat miskruiers ook van die Melkweg gebruik maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.