Video: Moordwalvisse verdrink amper onder ys

‘n Twaalftal moordwalvisse in die Kanadese Hudsonbaai, het Dinsdag byna verdrink toe hulle onder ʼn yslaag vasgevang is, en die gat waardeur hulle asem gehaal het, al kleiner toegeys het.

‘n Jagter het die diere se penarie gesien, en hulp ontbied. Inwoners van die gebied het versoek dat die regering ʼn ysbreker moet stuur om die diere te red. Dit het egter geblyk of die naaste ysbreker nie betyds by die diere sou kon uitkom nie.

Die wind het egter Donderdag van rigting verander en die ysplaat opgebreek sodat die diere kon ontsnap.

http://youtu.be/W_s9WZpuqhw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.