Video: Motorfietsryers val man voor vrou en kind aan

motorfietsryers takel motoris

Die video volg onderaan die berig.

ʼn Man en sy gesin is Sondag deur ʼn groep motorfietsryers aangeval na ‘n ligte ongeluk op ʼn hoofweg in Manhattan, Amerika. Op die video lyk dit aanvanklik asof die Range Rover van die ongelukstoneel probeer wegry nadat dit teen ʼn motorfiets gebots het wat skielik voor die voertuig gestop het. Terwyl die voertuig wegjaag, tref dit nog ʼn motorfiets. Die NY Daily berig die groep motorfietsryers het die voertuig agterna gesit en ná ʼn wilde jaagtog van die pad af getrek. Hulle het ʼn man uit die voertuig uitgepluk en aangerand. Dié man is geïdentifiseer as Alexian Lien. Die motorfietsbende het hom voor sy vrou en 2-jarige kind aangerand voor die polisie op die toneel opgedaag het. Volgens die koerant het hy voet in die hoek gesit ná die ongeluk, omdat verskeie motorfietsryers hul voertuig aangeval het. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek. Die ander motorfietsryers wat getref is, is in die hospitaal opgeneem.

Die video is Sondag op YouTube gelaai en teen Dinsdag 2 493 175 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Mariette Hammann ·

My simpatie is by die motorfietsryers. Die man dink hy kan almal net omry en wegjaag.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.