Die video volg onderaan die berig.
ʼn Man en sy gesin is Sondag deur ʼn groep motorfietsryers aangeval na ‘n ligte ongeluk op ʼn hoofweg in Manhattan, Amerika. Op die video lyk dit aanvanklik asof die Range Rover van die ongelukstoneel probeer wegry nadat dit teen ʼn motorfiets gebots het wat skielik voor die voertuig gestop het. Terwyl die voertuig wegjaag, tref dit nog ʼn motorfiets. Die NY Daily berig die groep motorfietsryers het die voertuig agterna gesit en ná ʼn wilde jaagtog van die pad af getrek. Hulle het ʼn man uit die voertuig uitgepluk en aangerand. Dié man is geïdentifiseer as Alexian Lien. Die motorfietsbende het hom voor sy vrou en 2-jarige kind aangerand voor die polisie op die toneel opgedaag het. Volgens die koerant het hy voet in die hoek gesit ná die ongeluk, omdat verskeie motorfietsryers hul voertuig aangeval het. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek. Die ander motorfietsryers wat getref is, is in die hospitaal opgeneem.
Die video is Sondag op YouTube gelaai en teen Dinsdag 2 493 175 keer gekyk.
http://youtu.be/5ukdkgLYYbw
My simpatie is by die motorfietsryers. Die man dink hy kan almal net omry en wegjaag.