The Star berig dat beeldmateriaal van kringtelevisie-kameras wys hoe Cerqueira op Sondagaand 27 Mei binne 14 sekondes twee keer deur dieselfde polisievoertuig van die pad afgetrek word. Cerqueira word uit sy motor getrek en met pepersproei gespuit. Die polisiebeamptes het beweer hy het dagga in sy motor gehad terwyl die beeldmateriaal wys dat daar niks in die motor gevind is nie. Die beeldmateriaal is verkry van kringtelevisie-kameras van ‘n huis in die straat waar Cerqueira deur die polisie van die pad afgetrek is. Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het intussen ‘n beroep gedoen op lede van die publiek om na vore te kom indien hul ‘n soortgelyke ervaring gehad het.
Lees meer hier.
Die video is deur eblockwatch op Youtube gelaai.