Video: Musina bars uit nate, skep probleme

Die video volg onderaan die berig.

Musina in Limpopo groei teen ‘n vinnige tempo en die plaaslike owerheid sê die dorp gaan binne 20 jaar stad-status bereik.

Sowat 20 000 mense reis daagliks deur die Beitbrug-grenspos, wat beteken die aangrensende Musina bars uit sy nate, en dít veroorsaak verkeers- en ander probleme in die dorp.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Ten spyte van bo-normale ekonomiese groei wat Afrika beleef, is daar steeds nie genoeg werk vir almal nie en is daar duisendes wat op soek is na ‘n beter heenkome. Suid-Afrika is vir die ganse sub-kontinent ‘n groot aantrekkingskrag en daarom is daar ‘n deurlopende stroom Afrikane wat hierheen uitwyk. Normale grensbeheer is nie effektief nie en mense steek eenvoudig die grens oral onwettig oor.

Musina is die rendezvous vir menigte waar kontakte verkry en vervoer gereël kan word vir beweging verder suidwaarts na die groter sentra. Die groot samedromming van mense te Musina, is juis tekenend van die massas wat Suid-Afrika binnekom, hetsy om werk te soek of aankope te doen omdat goedere alhier nog geredelik beskikbaar is. Die stroom sal nimmereindigend bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.