Video: ʼn Hamster wat twiet

Squeaks die twietende hamster. Foto: Youtube

ʼn Twietende hamster het ʼn groep kuberkrakers die eerste plek besorg tydens ʼn onlangse kuberkraak-kompetisie in Johannesburg.

Memeburn berig dat die groep kuberkrakers nie daarin kon slaag om die hamster te kry om self sy twiets te tik nie maar sy hok ingerig het met sensors wat onder meer hitte, beweging, lig en vibrasies optel. Die hok kan dus bespeur wat Squeaks, ʼn dwerghamster, besig is om te doen en dan daaroor twiet. Die hok is geprogrammeer met ʼn vooropgestelde lys van twiets soos byvoorbeeld: “stop tans sy hamsterkieste vol by die kosbak.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.