Video: ‘n Huweliksaanbod wat sy nooit sal vergeet nie

‘n Gebruiker van YouTube het op 23 Mei sy meisie gevra om hom by sy ouers se huis vir ete te ontmoet. Met haar aankoms het sy broer haar versoek om agterin ‘n Honda CRV-voertuig te klim op die voorwendsel dat hy glo ‘n “liedjie vir haar wou speel”.  Wat sy gekry het, is ‘n huweliksaanbod wat sy nooit sal vergeet nie.  Dié video is Vrydag op YouTube gelaai en is reeds deur bykans 1.3 miljoen mense afgelaai.

Die liedjie is Marry You deur die kunstenaar Bruno Mars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.