Video: ‘n Splinternuwe (ongewone) popsensasie

PSY

Hy het verlede week by die MTV Video Musiektoekennings opgetree en Britney Spears is een van sy aanhangers. Sy video op YouTube is al meer as 144 miljoen keer gekyk.

Dié Suid-Koreaanse kletsrymer het vinnig ‘n internetsensasie geword ná sy video, Gangnam Style, op YouTube bekend geraak het. “Ek’s mal oor die video – dis soveel pret!” het Britney op 28 Augustus getweet. Sy het bygevoeg: “Ek dink ek moet dalk die koreografie leer. Gaan iemand my leer? Haha!”

Park Jae-Sang (PSY), het die popsangeres toe self op The Ellen Degeneres Show die beroemde “perdedansie” geleer. Britney het gespog: “Ek het Gangnam-styl vandag by die meester geleer!”

PSY het intussen ‘n kontrak in Amerika met Scooter Braun onderteken. Braun bestuur ook Justin Bieber en Carly Rae Jepsen se kontrakte.

“Ek het nooit so iets verwag nie,” het PSY gesê. “Wat maak ek hier? Dis wonderlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.