Video: Nagmerrie by Middelburg-hospitaal

‘n Tekort aan mediese personeel, studentedokters wat moet waarneem sonder toesig, en selfs rotte in hospitaalsale is van die probleme waarmee pasiënte by die Middelburg-staatshospitaal te doen kry.

Talle pasiënte vrees nou dat hulle ledemate kan verloor of hulle lewens in gevaar is.
Maroela Media het onlangs berig oor Wessel Visagie, ʼn suikersiektelyer wie se been op 25 Januarie in die Middelburg provinsiale hospitaal geamputeer moes word as gevolg van gangreen. Hy het glo nie genoeg antibiotika ontvang ná sy operasie nie en kry slegs Panado’s vir die pyn. Sy wond het na sy amputasie erg septies geword en hy moes twee weke gelede ‘n operasie ondergaan om die wond skoon te kry. Lees meer hier

Herman Loots, ʼn inwoner van Middelburg, moes ook onlangs sy bakkie verkoop om geld te probeer insamel om sy seun se lewe te red. Klik hier om meer te lees.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H J Bester ·

Soos op vele ander terreine van die regeringsbestel, is hierdie hospitaal maar net nog ‘n voorbeeld van die totale verval wat stadig maar seker besig om in te tree en as mens die tekens korrek lees, is daar nie regtig sprake van ingryping om dit te keer nie. Dis maar net asof die Afrikane nog nie ‘n kultuur en waardesisteem van skep en bewaar ontwikkel het nie – maar eerder van net gebruik. Is dit werklik so dat meeste Afrikane steeds so swak ontwikkel is dat hulle hoofsaak “users and not creators” is.

Wena catherina Coetzee ·

Totale agteruitgang SA is besig om stadig maar seker in duie te stort…………..Sedert 1994 net afdraans gegaan en steeds teen n vinnige tempo…………Here help ons !!

cecilia ·

Die Chinese sal dit fix.Vra hulle.Yes en vader Zuma ploeter rustig voort in sy mooie stad! N erg deurmekaar lewe en land.N n plesier om hier te bly.

Rena Brown ·

Wanneer gaan die ANC Regering besef dat dinge vinnig besig is om agteruit te gaan in die nuwe S A en wat gaan hulle daaromtrent doen? Hulle is beslis nie bevoeg om ons dierbare land te regeer nie. Hulle gebruik alles wat beskikbaar is, heeltemal klaar en dan wanneer niks oor is nie, laat hulle dit maar net verder agteruit gaan. Dis ‘n absolute skande en heeltemal onaanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.