Video: Nando’s se Mugabe-advertensie van die lug gehaal

Die kitskosgroep Nando’s het aangekondig dat hy sy advertensie waarin die Zimbabwiese president Robert Mugabe uitgebeeld word as “die laaste oorblywende diktator” van die lug gaan haal.

“Ons het met kommer kennis geneem van die politieke reaksie uit Zimbabwe, insluitend dreigemente teen Nando’s Zimbabwe se bestuur, personeel en kliënte,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. ʼn Militante jeuggroep wat lojaal is aan Mugabe het vroeër gevra dat Nando’s geboikot word na die advertensie. “Ons voel sterk dat dit die verstandige stap is om te neem in ‘n wisselvallige klimaat en glo dat daar geen advertensie is wat die moeite werd is om die veiligheid van Nando’s se personeel en kliënte in gevaar te stel nie.” Dit is ʼn oortreding in Zimbabwe om Mugabe te beledig of die gesag van sy kantoor te ondermyn.

http://youtu.be/u1EX–vdxh4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.