Nando’s, wat bekend is vir hul omstrede advertensies, het sommige lede van die parlement warm onder die kraag met hul nuutste advertensieveldtog.
In die advertensie steek hulle die draak met die parlement en ʼn spul honger parlementslede wat uit ʼn raadsvergadering stap toe die speaker durf om iets anders as Nando’s te bestel.
Nando’s was al baie in die sop oor sommige van hul advertensies wat krap aan sake wat aan die orde van die dag is. “Gelukkig wil dit voorkom of die kombinasie van pittige stemoorklankings, slim (maar natuurlik nie perfek nie) lipsinchronisasie en ‘n ernstige TV-nuus verslag van lede wat uit ʼn vergadering stap, die meeste mense se lagspiere geprikkel het,” het Ashley Stansfield, Nando’s SA se handelsmerk-bestuurder, gesê.
Eish eina! Ek moet sê, ek sal ook opstaan en loop as ek Nando’s wil hê en met pizza tevrede moet wees!
skerp!
Ten minste is hulle wakker…in meeste van die ander foto’s slaap ieder en ‘n elk te rustig daar in die parlement.
Baie skerp ad maar kyk na die mense….almal ‘n spul vet slobs wat net kom om te vreet en te slaap……………..