Video: NG Kerk-moderator verwerp Madiba-afgod kritiek

nelson mandela madiba biddagDie NG Kerk en sy lidmate het Sondag landwyd deelgeneem aan die regering se oproep tot ‘n biddag ná die afsterwe van oud-president Nelson Mandela.

Die kerk se moderator het kritiek verwerp dat optrede soos dié van Madiba ‘n afgod maak

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize Mans ·

Wat is dit dan anderster,of wat kan n mens dit anderster noem,as n Afgod.

Ronell ·

Moderator – pad kwyt?? Indien hul nie nou van die afgestorwe ‘n afgod maak nie, hoekom kom hul bymekaar vir spesiale diense. Geen van hul naasbestaandes sou hul so behandel het nie. Indien hy ons so ‘n wonderlike lewe gegee het hoekom is daar tans meer moorde – daagliks. Nee die mense loop met klappe aan – of loop in hul slaap. Skrik wakker en aanbid die Almagtige God – maar als gaan oor mammon en om gesien te word. Wit gepleisterde grafte, pragtig van buite maar binne doodsbeendere/verrot

Henko ·

Dankie tog ek is jare terug al uit die NG Kerk. Mens kan nie help om te wonder, elkeen van hierdie lidmate, het enigeen van hulle al ooit ‘n dierbare afgestaan aan die dood wat vermoor, verkrag, vermink is, het enigeen gedink waar het die oorsprong van hierdie uitwissing van die Boerevolk ontstaan.

Johannes Meintjes ·

Hulle maak ‘n afgod van Nelson Mandela. Die ANC volg hulle menslike weg en nie God se weg nie om misbruik te maak van Nelson Mandela. Daar is gesê almal moet Sondag dienste bywoon ter ere van Mandela se dood en wat hy vermag het. Mandela word met Moses vergelyk. Hoe trap hulle nie op my Pappa Jesus deur so ‘n vergelyking te tref nie. As navolgers van Jesus wil ons daar wees waar Moses was. Vir die volgende paar dae gaan sy ligaaam vervoer word na die Unie gebou en almal is gevra om eerbetoon aan hom te bring wanneer Mandela se liggaam na die Unie gebou toe vervoer word. Dit is om ‘n afgod te aanbid. Jesus se woord is sy woord in Sy/ ons goeie nuus (Die Bybel). Dit staan vas gister vandag en tot in ewiheid tot Hy gaan kom om Sy koninkryk te kom oprig.Mag Jesus mense se oë oopmaak. Daar word selfs gesê dat Mandela aan die ANC behoort. Dat hy die eiendom van die Anc is.Jesus verklaar in Sy ware woord dat ons na Sy beeld geskape is . Ons behoort net aan Jesus en is nie enige mens of politieke party se eiendom nie. Ons elkeen se naam is in die palm van Jesus se hand gegrafeer. Ons is Sy eiendom. Jesus liefde vir een en almal. (Christo) (J.C. Meintjes)

Conrad ·

Jip, ek stem saam dat hulle hom so bietjie verafgod. Dat Madiba verkeerde dinge gedoen het in sy lewe is waar, maar so glo ek het God hom in die tronk verander. Dit kon mens duidelik sien in sy lewe na die tronk era. Kyk na God se dissipels, almal groot sondaars wat tot bekering gekom het en Hom gevolg het. Ek dink ons moet versigtig wees om ‘n rasse ding hieraan te koppel. Maar ek sê weer, hulle maak ‘n te groot ding van sy dood.

Marius ·

En so het julle almal Prinses Diana ook verafgod – vas genaal voor die tv gesit en tjank op haar begrafnis, koppies en borde met haar gesig gekoop en dit op die mantel gepak – daar is ‘n baie groot verskil tussen verafgod en vereer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.