Video: Nie-stakende plaaswerkers verjaag amokmakers

 

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

‘n Staking deur plaaswerkers in Wellington in die Wes-Kaap, het skerp teenkanting uit ‘n onverwagse oord gekry.

Werkers dreig reeds die afgelope paar weke met ‘n staking soortgelyk aan die een dié tyd verlede jaar wat die landboubedryf byna op sy knieë gedwing het.

Nagenoeg 200 stakende werkers het landerye en ‘n vragmotor aan die brand gesteek, maar hulle het hulle vasgeloop in dubbel soveel werkers wat geweier het om saam te staak.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

annette ·

Ag wereld tog wanneer gaan dit entkry. ek is al so naar on elke dag dieselfde ou nonsies te lees. besef hulle ooit wat hulle doen aan die ekonomie

Willie ·

Klink vir my meer na die mense wat will werk wat hulle werk beskerm teen die ANC wat die plek weer in `n politieke speletjie will vir ander.
Ek haal my hoed af vir die werkers wat verder kan dink.

Demokraat ·

Mens het nogal bewondering vir dié werkers wie hul nie laat meesleur en intimideer het deur die vakbonde om te staak en amok te maak nie – hulle moet ondersteun en aangeprys word vir hulle heldhaftigheid. Andersyds dink ek dis nogal ‘n terugslag vir die ANC wat weereens gehoop het hulle kan die massas plaaswerkers gebruik om die Wes-Kaap te destabiliseer en dit van die DA af te rokkel.

Stoere Boer ·

Wens hulle kry ou Nosey beet. Dan kan hulle hom sommer ook regsien

Peter Se ·

Presies wat die man se, dit is nie die plaaswerkers wat staak en oproerig is nie, dit is die busvragte mense wat aangery word wat die belhamels is.

leon ·

Mensig ek het lank laas so gelag soos vanoggend. Lorrys vol stakers word aangery maar toe die werkers wat wil werk hulle jaag met stukke wingerd stokke kon daai klomp nie vnnig genoeg op daai lorrys kom en jaag dat die stof staan nie.

Helene Heyns ·

Ek weet nie of ek nou snert praat nie, maar hoekom kan diegene, indien hul skuldig bevind word op beskadiging van voertuie of brande stig, nie verantwoordelik gehou word vir die koste daarvan nie en dat hul verplig word om teen geen vergoeding te werk totdat die bedrag verhaal is. Ek dink die maaifoedies sal twee keer dink.

anita ·

Die stakings van plaaswerkers kan grotendeels toegeskryf word aan die feit dat die werkers nie ten
volle begryp hoedat die Regering sisteme werk, die werkers GLO dat die ANC gee alles vir hulle, iemand moet aan hulle verduidelik wie betaal loon belasting/wie betaal maatskappy belasting en wat is ‘n maatskappy/ dan moet hulle weet dat elke pakkie sigarette wat hulle rook het BTW op, en verduidelik wat is BTW en dat alle mens so belasting bydrae lewer, dan word dit oor betaal in die Regering rekening, en dan by die jaarlikse begroting tussen die Provinsies verdeel volgens inwoners, en die Provinsies moet weer dit opdeel vir skole/hospitale/munisipale belasting ens. DIT IS BELANGRIK DAT DIE ONGESKOOLDE/WEINIG GESKOOLDE WERKERS VERTEL WORD DAT DIE PARTY WAT WEN KRY DIE SLEUTEL VAN DIE KIS! EN HULLE MORS DAAR MEE, DUS DIE WERKERS KRY GEEN HOPHUISE OF ALLPAY VAN DIE REGERING HULLE HET DIT SELF BETAAL.
Wanneer hierdie verduideliking gegee word, sowel as wat die boer se insette kos, die salarisse ens. en dat die OPSTEKERS en Staking Organiseerders die verdien elke maand tot R50duisend rand(Marius Fransman) en dat hulle het geen gevoel het vir werkers die sonder kos sit, want hulle wil net naam maak.

Laat iemand die uitleg aan die werkers verduidelik en dan sing hulle [n ander Lied en daar sal n drastiese vermindering in stakings wees.

Andre Kriel ·

Dink gou mooi wie almal afhangklik is van lanbou en hulle geld daaruit verdien dis n magdom instansies en mense So probeer vernietig die landbou Dan vernietig ons die land.Hallo is dit so moeilik om te begryp of moet ons prentjies teken om dit te verstaan Eksalueer die werknemers vir hul daad en ywer so kan ons n toekoms bou en sien ek uit om my toekoms voort te bou in die landbou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.