Video: Nóg ʼn tree nader aan hidrobreking

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Die regering wil die omstrede proses van hidrobreking as ’n sogenaamde beheerde bedrywigheid laat klassifiseer ingevolge die Nasionale Waterwet.

’n Kennisgewing van dié voorneme is reeds in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens Edna Molewa, die minister van waterwese, is hidroliese breking’n soort watergebruik, en daarom vereis dit ’n watergebruikslisensie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Seg Net ·

Water lisensie om die reeds water arm land se bietjie ondergrondse water ook te vergiftig. Dit vir buitelandse beleggers. Iemand se bank rekening gaan met miljoene styg.

Jasper ·

Ou mynhope en gate kan jy rehabiliteer. As daar fout kom met hidrobreking en ondergrondse water word besoedel is dit nagsê.
Bygesê teen die tempo wat hier nou getoi-toi en voete gestamp word, is hidrobreking nie meer nodig nie.

Seg Net ·

Jasper ook net tot ‘n punt my vriend. Kyk wat is in die Witwatersrand aan die gebeur met die suur mynwater wat al op die oppervlakte uitkom. Te laat vir rehabilitasie, dit is nou net vure doodslaan en skade beheer. Daardie ou myne is onrehabiliteerbaar. Indien hulle nie daar water pomp nie is dit nag.
Dit sal 100 keer erger wees binne ‘n jaar of twee indien hulle met hidrobreking sal voortgaan, wat hulle seker sal doen.

Hoor SwartMag is aan die voorpunt van die tio-tio nadat ek hom “gefire” het.

Jasper ·

Ek hoor wat jy sê. my bedoeling was gerig op nuwe ontginnings waar daar deesdae baie klem gelê word op rehabilitasie. Ek is bewus van die gemors met ou skagte wat oorstroom en ou koolmynskagte wat onbeheers brand. Gretigheid en onkunde. 35 Jaar gelede kon jy nog in die fliek sit en rook. Nou drink ons pille om nie vroeg te dood nie. Vir hidrobreking is daar nie pille nie

Seg Net ·

Jasper dit is die probleem die pille drink ding. Ons sluk dit met water af en daardie water raak al vrotter. Nou moet ons nog pille in die water om die water skoon te kry. Dit lyk of mens in party plekke moet rook om vars lug in te kry. Ons land is vrot, grond, water, lug alles is besig om te besoedel te raak of is.

Nee wat hierdie lan is in sy ^*&^^& _)*&*(&^^&

a.lombard ·

Die onderwerp is hier in Nederland daagliks ter sprake, mense protesteer op straat, en selfs in
Argentinia waar ook die probleem nou ter sprake is het mense in honderde masjeer.
Die provinsie Groningen is tans geteister deur aardbewings as gevolg van die scaligas breking en die water stink uit die krane.

Hier in die koerante word dit gemeld …sodra toestemming verleen word vir proefbreking, is dit feitlik seker dat dit ‘n permanente verwerking word, dus enige proefbreking moet teen alle koste vermy word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.