Video: Nuwe alfabet-letter voorgestel

‘n Video volg onderaan die berig. Paul Mathis, ʼn restaurateur van Melbourne in Australië wil nou ʼn nuwe letter tot die bestaande Engelse alfabet toevoeg.

Mathis het die letter “Ћ” ontwerp om die woord “the” in Engels te vervang, berig news.com.au. Mathis versoek nou die maatskappy Apple om hom te help om sy nuwe app, wat die nuwe karakter bevat, in sy iTunes-winkel te bevorder.

Mathis het in ʼn onderhoud met die Sydney Morning Herald erken die letter is nie belangrik of iets wat die wêreld gaan verander nie, maar dat dit handig te pas gaan kom vir talle mense.

Mathis het al meer as 20 restaurante en hotelle regoor Australië oopgemaak en staan daarvoor bekend dat hy oor die Midas-aanraking beskik.

Hy het reeds meer as AUS $38 000 (sowat R350 000) spandeer aan die nuwe app, maar Apple het hom tot dusver die koue skouer gegee. Hy hoop dat hy hul van plan kan laat verander, aangesien die woord “the” die mees gebruikte woord in Engels is en een karakter glo ook handig te pas sal kom vir Twitter.

“Die woord “and” is maar die vyfde mees gebruikte woord in Engels, en tog het dit sy eie simbool, naamlik die ampersand (&),” het Mathis gesê. “Is dit nie hoog tyd dat ons dieselfde respek aan “the” betoon nie?”

Die top vyf mees gebruikte woorde in Engels is glo “the”, “be”, “to”, “of”, en “and”. Die ampersand is al met tye as die 27ste letter van die alfabet aangedui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Ag hou op simpel wees. Maak dit dan ‘n symbool. Definitief NIE nog ‘n letter in die alphabet nie. Mense wat verveeld is. Daar was nog nooit ‘n probeelm oor “the” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.