Video: Nuwe beeldmateriaal van Marikana-bloedbad uitgelek

Foto: Channel 4

ʼn Britse-nuuskanaal het beeldmateriaal uitgesaai van die bloedbad by die Marikana-myn op 16 Augustus wat glo deur polisiebeamptes gemaak is en glo nog nie voorheen uitgesaai is nie.

Channel 4 News beweer die videomateriaal is verkry van twee polisiebeamptes wat dié dag op die toneel was toe 34 mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is. Die enigste beeldmateriaal wat al uitgesaai is, was deur EWN, eNews Channel Africa (eNCA) en CNN geneem. Volgens Channel 4 wys die nuwe beeldmateriaal dat meeste van die mynwerkers naby die koppie doodgeskiet is en nie waar die media was nie. Channel 4 sê verder dat die beeldmateriaal die polisie se bewering dat hulle uit selfverweer opgetree het, in twyfel trek. Die nuwe beeldmateriaal is nog nie by die Farlam-kommissie van ondersoek uitgesaai nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.