‘n Video volg onderaan die berig. Carlos Burle, ‘n branderplankryer van Brasilië, het Maandag moontlik ‘n rekord gebreek op ‘n golf in Nazaré, Portugal.
Die golf was moontlik hoër as die geraamde 30m-hoë golf van Garrett McNamara in Januarie vanjaar, berig dailymail.co.uk
Ure voordat Burle sy golf gevang het was hy deel van ‘n span wat Maya Gabeira, ook ‘n grootgolf-branderplankryer, gered het. Sy het haar bewussyn verloor terwyl sy in dieselfde golwe branderplank gery het. Sy sterk tans in ‘n hospitaal aan in Portugal nadat sy haar enkel gebreek het.
Ek hardloop alleen as ek deur bose mense of diere gejaag word maar in die geval het ek geen aansporing nodig nie!