Video: Nuwe haaihindernis kan mens én haai beskerm

‘n Groep navorsers verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch glo hulle het dalk ‘n oplossing om ‘n verdere afname in haaigetalle in Suid-Afrika te verhoed, en terselfdertyd ook mense teen dodelike haaiaanvalle te beskerm.

Die navorsers glo hulle unieke haaihindernis, die sogenaamde Sharksafe, is die beste alternatief vir haainette. Haainette lei jaarliks tot duisende vrektes onder haaie en ander seediere.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.