Video: Nuwe wêreldrekord vir kameelperd-ma

Jang-Soon en die nuwe kalfie

Jang-Soon en die nuwe kalfie

Beamptes by ʼn safaripark in Suid-Korea sê ʼn kameelperd het pas geboorte geskenk aan haar 18e kalf.

Beamptes van die Samsung Everland-safaripark het Maandag in ʼn verklaring gesê dié geboorte is ʼn nuwe wêreldrekord. Jang-Soon, die kameelperd, het die vorige rekord met ʼn kameelperd van Parys in Frankryk gedeel. Kameelperde in Melbourne, Australië en San Diego in Amerika het elk 16 kalwe gebaar.

Everland sê hy beplan om die rekord te laat sertifiseer deur ʼn groep wat ʼn wêreldwye databasis hou van diere in ʼn dieretuin.

Die kalf is Sondag op Jang-Soon se 27ste verjaarsdag gebore.

Kameelperde het ʼn gemiddelde lewensverwagting van 25 jaar, alhoewel kameelperde in aanhouding gewoonlik langer leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Dis nou moederliefde !

Mamma en baba lyk goed.

Ek verstom my net nogmaals aan die Skepping.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.